Posted by Administrator (admin) on Dec 17 2008
In the News >>

STAAT SÊ WIE SY IT GAAN VERSKAF

Sake Beeld 30/11/2004 07:03 - (SA)

Leo Kok

Sita, die regering se IT-agentskap, het gister die voorkeurverskaffers vir die regering se IT-behoeftes, geraam op 'n "beskeie" R2,5 miljard vir die drie jaar van die kontrak, bekend gemaak.

Voorkeurverskaffers vir die sogenaamde Seat-tender sou aanvanklik reeds in September vanjaar aangekondig gewees het, maar volgens mnr. Mavuso Msimang, uitvoerende hoof, was daar net te veel aansoeke en faktore wat in ag geneem moes word.

Altesame 31 maatskappye is gekies vir die verkoop van apparatuur en programmatuur aan die regering. Hiervan is vyf, Bytes Technology Group, Pinnacle Micro, Mustek, AST (as konsortium) en Datacentrix, genoteerde maatskappye.

Nege maatskappye, met AST, Pinnacle en Mustek ingesluit, is gekies as voorkeurverskaffers vir die verhuring van apparatuur en verwante toerusting en net vyf konsortiums kan in alle behoeftes van die regering voldoen. Van hierdie vyf is net AST genoteer.

Volgens Msimang was dit belangrik vir die regering om sy IT-aankope te sentraliseer aangesien dit hom in staat stel om volume-voordele te kry en ook klein- en middelslag-ondernemings (KMO's) sowel as swart bemagtiging (SEB) te bevorder deur sy aankope.

Msimang verduidelik dat elke verskaffer gradeer word om in sekere behoeftes van die regering te voldoen. Daar is ook spesifiek gekyk na verskaffers se geografiese dekking om seker te maak 'n sentrale tender vir behoeftes in 'n spesifieke provinsie of streek word voorsien deur goedgekeurde verskaffers in daardie streek.

Hy sê die verhuring van toerusting is ook ingesluit om sodoende te verseker dat die goedkoopste opsie, hetsy koop of verhuur, altyd beskikbaar is.

"Die aankondiging van die verkose verskaffers beteken nie dat alles nou maklik gaan gebeur nie. Die verkose verskaffers sal steeds hul produkte en dienste moet bemark en met mekaar meeding vir ons besigheid," sê Msimang.

Ingevolge die tender moet elke verkose verskaffer aandui wat hy doen op die gebied van swart bemagtiging sowel as die bevordering van klein en middelslag-ondernemings.

Sita sal nou seker maak elke maatskappy of konsortium voldoen steeds aan al die vereistes en dat die gegewe pryse steeds relevant is met inagname van die sterker rand.

Volgens me. Londiwe Mthembu, voorsitter van Sita se verskaffer-keurkomitee, sal Sita ook seker maak die betaling word verdeel na gelang van die konsortium se aandeelhouding.

Dit beteken die konsortium sal nie die volle bedrag kry en self onder sy lede kan verdeel nie, maar Sita sal 'n regstreekse belang neem in die verdeling van die verskuldigde bedrag onder die aandeelhouers.

Volgens Mthembu sal Sita só keer dat swart vennote slegs gebruik word om "kleur" aan die konsortium te gee sonder dat daar werklik rykdomverdeling is.

Sita sal ook onbeplande toetse doen om seker te maak die konsortiums se aandeelhouding is steeds soos ten tye van die toekenning van die tender en dat hulle die nodige SEB- en KMO-doelwitte haal.

Ferdi van der Merwe, the general manager of Gubevu IT, said the tender "will help us operate independently, since we are part of the Mustek Consortia.

Dié maatskappye is almal gekies

    Verskaffers wat aan die regering mag verskaf (verkoop):
    New Dawn Technologies
    Zodwa Technology Solution
    Sightful 35 wat handel dryf as KMS Computers
    CHM VUWANI
    Tecor Group
    Lesedi Corporate Tecnology
    Bid Industrial
    I-Tech Consortium
    Hewlett-Packard
    Tumelo Computer
    Xon Systems
    Temoso Technologies
    Bytes Technology Group
    Mustek
    CSS Tirisano
    IBM
    AST (konsortium)
    Pinnacle Technology Holdings
    Ubuntu Technologies en Dell
    African Legend Technologies
    Sahara Computers/Choice
    Hux-Ndashe Partnership
    JH Data Systems and Fabrics (dryf handel as NB Enterprises)
    Gubevu IT Partnership
    IT Empowerment
    Sizwe Business Networking
    Thuso Information Technology
    Datacentrix
    Global Outsourcing Services (dryf handel as Printercom)
    Sisonke Global Systems
    Sahara Systems

    Verskaffers wat aan die regering mag verskaf (verhuring):
    Sahara Computers
    IBM
    AST Group
    Dell/Ubuntu Technologies
    Pinnacle
    Rentworks
    Siemens
    Mustek
    Hewlett-Packard

    Verskaffers wat in alle behoeftes van die regering mag voorsien (insluitend konsultasiedienste):
    Sahara Computers
    AST Group
    Dell/Ubuntu Technologies
    Siemens
    Hewlett-Packard

Last changed: Dec 17 2008 at 10:03 AM

Back